
- 18:30
Manne Bediening
Ons manne kom bymekaar om saam te kuier en geestelik te groei en onder mekaar die woord van God te bespreek om verskillende waardes uit die Byble te ontvang. Dis n geleentheid wat ons skep vir die manne om bietjie weg te breek, rustig te raak en om belangrike tyd saam die Here te spandeer in ons besige wêreld waarin ons onsself vind.
- 10:00
Gemeente Bybelstudie
Ons het elke Dinsdag gemeente Bybelstudie waarby enige persoon kan aansluit om meer te leer oor die Woord van God. Die geleentheid word deur ons Leraar (Louwrens Roos) aangebied wat elke week fokus op die groei van jou geestelike lewe as persoon. Vir meer inligting kontak die kerkkantoor - (Link na Kontak ons Page)


Funksies en Onthaal
Sentraal gemeente het n span wat saam gestel is wat vrywilliglik help om vir begrafnisse en funksies eetgoedjies voor te berei en die saal mooi te maak. Die span werk dag tot dag om sekker te maak dat all die kos reg is vir enige funksie wat in die saal plaas vind.
Eligwa Broodjies Projek
Sentraal Gemeente Vanderbijlpark het `n goeie hart en daarom kan ons twee keer per week vir om en by 60 kinders `n kospakkie voorsien.
Die kos pakkies bevat :
- Toebroodjie
- Vrug
- Pakkie aartappel skyfies
- Suiker lekkers
- Koldrankie
Indien dit skool vakansie is, word daar `n bietjie ekstra gegee soos “2min Nooddels“ of pakkie sop wat om en by 4 mense kan voed wat by die kerk by mekaar gesit word.
Die finansiering van die projek word aangevul deur verkoop van “Cupcakes” op Sondae na die erediens, en so ook deur skenkings van in en buite die gemeente en dan selfs die skenings van benodighede.


- 18:00
Aanbiddings Span
Ons span is `n toegewyde groep mense wat die hart van musiek het en om die Here te dien met die gawes wat vir hul gegee is. Hulle offer hul eie tyd op, Donderdae aande om 18:00 om die beste te lewer nie net vir die Gemeente nie maar vir die begeleiding van lofprysing tot die Here.
Joy (Kinderkerk Bediening)
Op Sondae oggende tydens die eredienste het die kinders die geleentheid om by die Kinderkerk by te woon terwyl die ouers in die kerk is en na die bediening luister.
Dit gee die kinders die geleentheid om op hul vlak ook te leer van God deur aktiwiteite wat aan gebied word.
Ons het `n groep toegewyde ouers wat na hul omsien en wat die gawe van onderrig het soos wat die Bybel ons leer dat ons die kinders moet leer.

